Holderstebolder is ‘n bymekaarkomplek vir ieder en elk wat passievol is oor AFRIKAANS. Die doel van die webtuiste is om Afrikaans te bevorder en om die Suid-Afrikaanse kultuur te geniet en met ander te deel.
………………………………………………………………………………………….
Lees ‘n storie op jou selfoon! Afrikaanse selfoonromans van die gewilde skrywers Fanie Viljoen en Jaco Jacobs het so pas verskyn. Fanie Viljoen se verhaal, Uit, is ook in Engels beskikbaar as Confessions of a troubled young man. Jaco Jacobs se verhaal is Vakansieromanse. Besoek www.yoza.mobi Lesers kan opmerkings maak oor die stories en lugtyd wen. Die verhale is ook op mxit (Tradepost > Mxit Cares > mobiBooks) en Facebook (Yoza Cellphone Stories) beskikbaar.
…………………………………………………………………………………………………………
…………………………………………………………………………………………………….
Webwerf van die maand:
Ambassadeur is ‘n klomp Afrikaanse mense wat altesaam 80 vingers op die pols van hulle moedertaal het en dit met jou wil deel.
Ambassadeur beoog om ‘n aanlyn verteenwoordiging van alle relevante en lekker Afrikaanse kunste nuus te wees. Of dit nou ‘n nuwe digter, ‘n bekende band se nuwe album, of ‘n revolusionêre toneelstuk is; ons wil hê dat almal moet daarvan weet. Lesers kan op Ambassadeur vertrou vir betroubare inligting rakende die “moet sien” vertonings by kunstefeeste, watter boeke om te lees, watter nuwe musiek daar is om te verken en vele meer.
…………………………………………………………………………………………..
MOETLEESBOEK… Riana Mouton se Reuk van die dood
Iemand is besig om jong vroue in Gauteng te ontvoer en te vermoor. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor. Junior Scheepers is die speurder wat hom moet vang, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en indien hy nie daarin slaag om by sy eie donkerte verby te kom nie, gaan hierdie moordenaar nog heelwat skade aanrig.
Volg een van die skakels vanaf Holderstebolder en bestel by Kalahari.net.
…………………………………………………………………………………………..
Ouers/onderwysers van voorskoolse kinders
Nog nie ‘n Kinderwerflid nie? Julle mis uit! Kinderwerf is ‘n Afrikaanse opvoedkundige webwerf wat kwaliteit, unieke Afrikaanse opvoedkundige produkte aan ouers en skole verskaf. Ons produkte is hoog in aanvraag, gebaseer op die Nasionale Kurrikulum en, die belangrikste van alles, hope pret!
Besoek Kinderwerf se winkel en belê in jou kind se toekoms: Gee jou kind die beste voorsprong moontlik!
Opsoek na ‘n Afrikaanse leesklub vir kinders?
Loebi die draak is ‘n klein ontdekkingsreisiger. Hy ontdek dag na dag meer en meer van sy drakewêreld, soos ‘n kind sy mensewêreld ontdek. Die drakewêreld is bietjie anders as die mensewêreld, maar nie só anders nie. Op slot van sake hou die drake die aarde dop …
Loebi nooi alle kinders tussen 0 en 7 jaar om deel te word van sy wêreld. So sal hulle deel word van ‘n ongelooflike eg Afrikaanse storie-ervaring wat uniek in sy soort is. Besoek www.loebi.co.za om aan te sluit.
…………………………………………………………………………………………..
Stuur vir ons ‘n Kiekie
van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!
…………………………………………………………………………………………..
Onderwysers en leerders:
Besoek ons Hulpmiddels afdeling.
AANDAG ONDERWYSERS:
Ons is opsoek na kreatiewe, oorspronklike vraestelle, begripstoetse, opstelonderwerpe, ag, enige take wat ons kan gebruik om ‘n lekker vraestelboek/hersieningsgids saam te stel. Stuur enige van jou oorspronklike werk (niks mag in handboeke of enige ander plek gepubliseer wees nie) na admin@holderstebolder.co.za en as ons jou werk gebruik, kry jy die eindproduk GRATIS. Kontak ons vir meer inligting by admin@holderstebolder.co.za.
…………………………………………………………………………………………..
Vertel jou vriende
Ken jy iemand wat in Holderstebolder sal belangstel? Versprei die nuus!
As jy jou FaceBook-vriende wil nooi om aan ons FaceBook-groep te behoort, kan jy gaan soek vir die groep HOLDERSTEBOLDER, aansluit en dan weer al jou FaceBook-vriende nooi om ook te kom aansluit: Volg eenvoudig die JOIN GROUP en ADD FRIENDS skakels regs bo-op die FaceBook-bladsy. Op die Holderstebolder FaceBook-groep kan jy na hartelus kommentaar lewer, vertel van ‘n lekker boek wat jy gelees het of jou nuwe gunsteling (Suid-)Afrikaanse band.
…………………………………………………………………………………………..
Deur enige Kalahari.net-skakel op Holderstebolder te gebruik om jou aankope te doen, help jy ons om ‘n klein kommissie te verdien wat help om die kostes van ons webtuiste te dra.

