Alfabet Produkte CD
Om die produkte apart te koop:
………………………………………………………………………………………………………………..
Alfabet e-boek R60
(word in pdf.-formaat per e-pos aan jou gestuur)
Hierdie is ‘n heerlike pret en leer boekie wat help om kinders te help met die alfabet, lees en skryf. Dit bestaan uit die volgende 3 dokumente:
Lees en skryf oefeninge - soos byvoorbeeld soek die maatjie of trek die patroontjie na.
Die inkleur alfabet. Hier kry jy die hele alfabet met elke letter op ‘n nuwe bladsy met ‘n inkleur prentjie by.
Lees en skryf die alfabet (hierdie dokument bestaan alleen bestaan uit oor die 70 bladsye!). Hier kry jy al die letter natrek (pyltjies word gegee om te wys hoe die letters gevorm moet word, asook skryf oefeninge van die algemene Afrikaanse letters.
Die hele e-boekie is inkleurprentjies wat maak dat die kinders lekker interaktief kan werk en hulle fyn motoriese spiertjies wat so belangrik is vir skryf oefen. Druk die bladsye self uit soveel keer soos julle wil, en julle benodig nie eers ‘n kleur drukker nie!
Kliek hier om ‘n voorbeeld uit die boekie af te laai
………………………………………………………………………………………………………………..
Alfabetkaarte
Per e-pos: R30 (Vertoon- en paskaarte)
Slakkepos: R80 (Gelamineerde flitskaarte, A5-grootte)
………………………………………………………………………………………………………………..
Alfabetboek R80
Die alfabetboek is ‘n aangepaste weergawe van die alfabet e-boek en bestaan uit meer as 90 bladsye. Die Alfabetboek het dan ‘n inkleur alfabet in en ook letters wat jy kan natrek en woorde waar jy die letters kan invul. Die boek lyk pragtig en is goud werd vir elke kind wat leer lees en skryf.
Bestel hier
………………………………………………………………………………………………………………..
Beginner leeskaarte
Per e-pos: R60
Slakkepos: R170
‘n Volledige stel van 30 pare beginner leeskaarte wat gebaseer is op Maria Montessori, die stigter van die gewilde en suksesvolle Montessori onderwys-metode, se werk.
Daar is telkens twee leeskaarte met identiese prentjies. Op die een kaartjie sal die woord vir die prentjie bygeskryf wees, maar op die ander kaartjie (met dieselfde prentjie) sal daar niks bygeskryf wees nie. Die woord vir die prentjie word egter apart gegee.
Kliek hier om ‘n gratis dokument af te laai wat verduidelik hoe die beginner leeskaarte werk.
Hoe om die leeskaarte te gebruik
Stap 1
Wys eers die kaartjie sonder die naam vir jou kind, byvoorbeeld net die prentjie van die kat. Gesels oor katte en maak seker dat jou kind weet wat die prentjie se naam is.
Stap 2
Gee nou beide kaartjies (met dieselfde prentjie) vir jou kind. Nou moet jou kind die aparte naamstrokie by die prentjie pas.
Stap 3
Wanneer jou kind al die kaartjies se regte name kan pas, neem jy die kaartjies met die name weg en gee hom of haar net die kaartjies, waarop daar niks staan nie en die aparte naamstrokies. Nou moet jou kleinding die naamstrokies lees en by die regte prentjie pas.
Jy kan ook vir hom/haar ‘n notaboekie koop waarin sy/hy die woorde regtig kan probeer neerskryf, as sy/hy wil.
BONUS!
Die stel leeskaarte waarop die woorde is, kan ook as flitskaarte gebruik word!
………………………………………………………………………………………………………………..
Klank leeskaarte (diftonge) R40
(word in pdf.-formaat per e-pos aan jou gestuur)
Kliek hier vir ‘n GRATIS voorbeeld: ei-klank
Ontvang leeskaarte via e-pos wat die volgende klanke dek:
ei, oe, ou eu, y, ui en ie.
Daar is ‘n paar leeskaarte vir elke klank. Stel elke klankie een vir een bekend aan jou kind en leer hom/haar die klankie. Hy/sy sal vinnig verstaan dat die twee lettertjies saam die een klankie vorm.
………………………………………………………………………………………………………………..
Samestellingskaarte R25
(word in pdf.-formaat per e-pos aan jou gestuur)
Die Samestellingskaarte is ‘n prettige en praktiese manier om jou kind te help om gevorderde en moeilike woorde te lees. Dit moet liefs gebruik word wanneer jou kind basiese woordjies al kan lees, maar jy kan dit gerus vir jonger kinders wys en daarmee laat speel, om hulle te leer dat twee woorde saam heeltemal ‘n ander woord kan vorm. Die Samestellingskaarte bestaan telkens uit ‘n groot kaart met die samestelling op asook twee klein kaartjies wat saam die samestelling vorm. Alles het telkens ‘n pragtige illustrasie by.
Kliek hier onder vir ‘n GRATIS voorbeeld om te wys hoe jou samestellingskaarte sal lyk
HOE OM JOU KAARTE TE GEBRUIK:
Knip die kaartjies op die lyne uit. Jy behoort telkens twee kaartjies te hê, met die los woordjies op en dan ‘n groot kaartjie wat die samestelling toon. Vir langdurige gebruik kan jy jou kaarte lamineer. (Lamineer dit eers en knip dit dan uit)
Wys jou kind watter woordjies saam gebruik moet word om ‘n samestelling te vorm. Die kaarte kan op drie verskillende maniere gebruik word.
Metode 1
Neem telkens die groot kaart met die samestelling op. Vra jou kind om nou die twee klein kaartjies te soek wat die samestelling vorm. Jy kan selfs vir hom/haar wys dat as jy die een deel van die woord toe hou, is die woord dieselfde as die klein kaartjie wat hy/sy besig is om te soek. Die spel eindig wanneer jou kind al die samestellings se los woordjies gevind het en dit onder die samestellingskaart geplaas het.
Metode 2
Help jou kind en pak die los woordjies wat bymekaar pas, bymekaar. Nou moet jou kind telkens die groot samestellingskaart soek wat by die twee los woordjies pas.
Metode 3
Wanneer jou kind goed vertroud is met die samestellingskaarte, kan jy hom/haar met al die kaartjies los, dat hy/sy self alles uitsorteer op sy/haar eie.

