Bazoo Afrikaanse kleutertydskrif
Wat is Bazoo?
Liewe Pappa, Mamma, Oupa, Ouma, Kleuterskool Juffrou - ag, almal wat saam met ons glo daaraan dat elke kleuter nog propvol potensiaal is wat net wag om ontgin en ontwikkel te word.
Bazoo is ‘n kleutertydskrif wat spesiaal ontwikkel is vir hierdie doel. Wanneer u saam met u kleuter deur die stories en die doen-dinge werk, sal u mettertyd agterkom dat daar ‘n baie slim plan agter al die pret is. Want in elke tydskrif is daar ander ‘n tema wat deur oorspronklike stories verbeeld word. In die eerste uitgawe verskyn die baie verbeeldingryke strokiesverhaaltjie van Anathi, die vriendelike reus wat by Luca in sy kamer kom kuier, en ‘n meer feitelike storie waar interessanthede op ‘n prettige manier vertel word. Elke storie skep die kontekste waarop alle aktiwiteite gebaseer is. Hierdie aktiwiteite ondersteun die vaardighede wat noodsaaklik is vir kleuters se vroeë geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie, rekenvaardighede, luistervaardighede en nog vele meer.
Bowenal is die doel met hierdie tydskrif om aan almal wat omgee, die geleentheid te gee om kwaliteit tyd met ons kleutertjies deur te bring.
Geniet dit en speel saam met Bazoo, Anathi, Luca, Eben, Lea en kie
Bazoo verskyn twee-maandeliks en die inhoud is gekoppel aan die Graad R kurrikulum.
Hoeveel kos dit?
Bazoo is reeds op winkelrakke beskikbaar, maar spaar tot 20% op die normale rakprys van R29.95 per uitgawe deur in te teken.
RSA
Teken in vir 6 maande ( 3 uitgawes ) @ R85
Teken in vir 12 maande ( 6 uitgawes ) @ R165
Gesinsopsie vir 6 maande ( 2 tydskrifte na dieselfde adres ) @ R160
Gesinsopsie vir 12 maande ( 2 tydskrifte na dieselfde adres ) @ R305
Buiteland
Kontak ons asb vir aflewering buite die RSA by admin@holderstebolder.co.za.
Hoe teken ek in?
Kontak ons by admin@holderstebolder.co.za om ‘n intekenvorm te ontvang.
Vul dit in en stuur dit terug aan ons.
Kliek hier en/of hier om ‘n voorsmakie af te laai.

