CD’s en DVD’s vir die kleinspan.
Bestel van Kalahari.net
Goggatjie se kinderliedjies DVD R80
Goggatjie se Kinderliedjies DVD gee LEWE aan Goggatjie met 35 Minute se voetstamp, opvoedkundige liedjies van die treffer CD: Goggatjie se Kinderliedjies.
Met elke liedjie, beeld Goggatjie en sy goeie vriende Erika, Nàthin en Bianca ‘n toneeljie uit, sodat kinders belangrike lewensvaardighede (soos om hande te was en om jou land skoon te hou).kan leer op ‘n genotvolle manier.
Die Goggatjie se Kinderliedjies DVD is propvol energie en kleur! Kinders is mal daaroor!
Goggatjie se tradisionele Afrikaanse kinderliedjies DVD R80
Maak gereed om saam met Goggatjie in sy tydmasjien te klim en op ‘n reis terug na die verlede toe te gaan! Ons reis terug na ‘n tyd toe mamma en pappa klein was en ons sing die Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies wat mamma en pappa gesing het toe hulle kindertjies was.
Op pad leer ons van verskillende geluide, plaas diere, vorms, dele van die liggaam, teenoorgesteldes en vele meer.
Die Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies DVD volg kort op die hakke van die suksesvolle Goggatjie se Kinderliedjies DVD. Die kinders sal mal wees daaroor!
Goggatjie se kinderstories CD R60
Goggatjie se Kinderstories bevat 9 gedigte, 3 stories en 2 liedjies. Die stories, gedigte en liedjies besit ‘n leersame aspek sodat die kinders kan luister en leer op dieselfde tyd.
Die karakter en talent van Mariëtte Engelen, Michael Mayer en Elma Potgieter vul die stories en gedigte met energie en gevoel. Goggatjie is al die pad teenwoordig, die middelpunt waarom alles draai. Goggatjie se Kinderstories is meer as net storievertel – dis ‘n ontdekkingsreis.
Goggatjie se kinderliedjies CD R60
In Goggatjie se Kinderliedjies, neem Goggatjie die kinders op „n liedjie reis met 20 saamsing liedjies soos ‘Ek Borsel My Tande’, ‘Die Alfabet’, ‘Ons Gaan See Toe’, ‘Kom Ons Maak Musiek’ en nog vele meer.
Die liedjies leer die kinders basiese lewens vaardighede terwyl hulle saam wikkel op die ritme van die wysie.
Goggatjie se Kinderliedjies dien as ‘n inspuiting van nuwe lewe en energie in a genre wat ryp is vir vars materiaal.
Goggatjie gaan wildtuin toe CD R60
Goggatjie vier sy 3de CD met ‘n uitstappie na die Wildtuin! Die CD fokus op 3 lekkerluister stories, 9 kindergedigte en 2 liedjies rondom diere en die Wildtuin.
Goggatjie speel weer lekker met die kinders, verskaf inligting en maak seker dat werklike dieregeluide die storievertel prentjie voltooi.
Die CD is propvol informasie oor die verskillende diere in die Wildtuin en die boekie bevat pragtige fotos wat die kinders in staat stel om die diere maklik te identifiseer.
Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies CD R60
In hierdie CD, die 4de CD in die Goggatjie reeks, klim ons geliefde Goggatjie in sy tydmasjien en hy vat die kindertjies terug in tyd. Dit is ‘n reis na die verlede om die Tradisionele liedjies, wat ek en jy as kinders geleer het, te herontdek, en aan ‘n nuwe generasie voor te stel: 20 liedjies uit die verlede vir kindertjies van die hede!
Ou gunstelinge soos ‘Hoe Ry Die Boere’, ‘So Ry Die Trein’, ‘Bobbejaan Klim Die Berg’, ‘Moeder Hoenderhen’, ‘Die Blink Vosperd’, ‘Die Paddaskool’ en ‘Jan Pierewiet’ belowe ‘n sak vol pret vir die jongspan en nostalgiese herinneringe vir die grootmense.
Laai Goggatjie se inkleurboekie GRATIS hier af!!!
Goggatjie sagte speelpop R120
Die Goggatjie Sagte Speelpop komplimenteer die Goggatjie CD en DVD reeks perfek! Dit is gemaak van hoë kwaliteit materiaal en sal ure se pret en plesier vir kinders voorsien terwyl dit hulle verbeelding stimuleer.

