Afrikaanse kinderrympies op t-hempies

Ouderdomme 6-12 maande tot 8-9 jaar

Filaflooi ‘leer ou woorde kantel tot ‘n nuwe samesyn, sodat hul dan presies bepaalde vreugdes wek…’ (NP van Wyk Louw)

filaflooi-ad.jpg

Kleure

(Sien foto’s vir aanduiding van die kleure)

Babapienk, babablou, khaki, wit, donkerblou (navy) en olyfgroen.

Groottes

6-12 maande, 1-2 jaar, 2-3 jaar, 3-4 jaar, 4-5 jaar, 5-6 jaar, 7-8 jaar, 8-9 jaar.

Die groottes wat hier weergegee word is ware groottes. ‘n 3-4 jaar t-hempie sal dus pas vir ‘n normale grootte kind tot 4 jaar oud.

Dames groottes in klein, medium en groot.

Rympies

aspatat’

ienkel dienkel dalie-kind
hardloop soos die wilde wind
hier gedraai en daar geswaai
en binne-in my hart gewaai
- alba bouwer

vang vir jou ‘n vlinder
en hou hom saggies vas
droom die mooiste drome
wat by ‘n vlinder pas
- alba bouwer

my pappa ry ‘n vier-by-vier
my mamma kook en sing
my boetie is ‘n warrelwind
ék doen my eie ding!
- helene bester

teddie is my lieweling
hy ruik soos lekkergoed
as hy teen my rug kom lê
dan slaap ek gou en soet
- alba bouwer

ek hou van goed met wiele
rugbyballe en reptiele
pappa se groot seun; weet jy wat?
ek bly maar net my ma se skat!

oupa het ‘n soettand net soos ek
ons albei hou van bak uitlek
ons is mal oor vleisie braai
oupa sê ek het sy hart geskaai!

What are little girls made of?
Sugar and spice and all things nice
That’s what little girls are made of.

Dames groottes in klein, medium en groot.

moenie slaap nie, kyk!
agter die gordyne begin die dag dans
met ‘n pouveer in sy hoed.
- ingrid jonker

n vrou is ‘n vrou is ‘n vrou
my land vol katoen
vir ‘n hand vol vrou
en die koring deel ons
tussen my en jou
- pieter smit

wees jy die pad waarlangs ek weer
kaalvoet oor die dubbeldorings loop
na waar die varing en die varkblom groei
die gousblom kranse oor die velde knoop
- ingrid jonker

Pryse

Langmou R75
Kortmou R65
Dames R80

(Versendingkoste is van toepassing op alle posbestellings en sal tot jou rekening gevoeg word.)

Bestel of kontak ons met enige navrae.

“Liewe Filaflooi mammas, ek dink dit is wonderlik wat julle gedoen het, so pure Afrikaans en te prettig !” – Marisa Alberts, Swakopmund
“My dogtertjie is mal oor haar twee hempies, sy wil niks anders dra nie, ek dink dis die materiaal wat vir haar so lekker voel. Baie geluk met ‘n wonderlike idee en produk!” - Luzanne Smith, Oos-Londen
“Dit is ‘n yslike plesier om julle te ondersteun. As ‘n oud-Afrikaanse onderwyseres laat die versies my hart warm klop!” – Bettie Smit, Pretoria
“Ek het julle artikel in die Maart uitgawe van Rooi Rose gesien. Julle klere is te pragtig! Ek sal graag meer van julle wil hoor. Dit is vir my heerlik om sulke ‘andershede’ vir my dogtertjie te koop.” – Jeanette Snyman, Rustenburg
filaflooi-ad.jpg