Kersfeespret
Alles wat julle nodig het vir ‘n bekostigbare Kersfees!
Die Kersfeespretpak bestaan uit 70 bladsye en het “templates”, maskers, Maria, Josef en skaapwagters vingerpoppe, eie geskenke wat julle kan maak, kerskaartjies en etikette, met ander woorde alles wat julle nodig het vir ‘n bekostigbare en prettige Kersfees. Dit is geskik vir kinders van 3 tot 10 jaar (daar is speletjies en aktiwiteite vir skoolgaande kinders ook op) en sal jou kinders ure vermaak en besig hou die vakansie. Die beste van alles is dis elektronies wat beteken julle koop een per gesin aan en dit hou ALMAL besig! Druk alles soveel keer uit soos julle wil. Dit sluit onder andere die volgende in:
Kerskaartjies
‘n Advent kalender
Geskenk etikette
Geskenke wat julle self kan maak
Speletjies
Kersversierings
‘n Maria, Josef, wysemanne, skaapwagters en ‘n engel vingerpoppies!
70 bladsye se versierings, geskenke en “templates”!
As jy slim speel is die R85 (CD) of R60 (per e-pos) omtrent al wat jy die Kersseisoen hoef te spandeer!
Boonop is daar speletjies en ander aktiwteite wat jou kinders vir URE sal besig hou!

