Loebi-Leesklub
Ons nooi alle ouers met kinders tussen 0 en 7 jaar om deel te word van Loebi se wêreld. So word julle deel van ‘n ongelooflike storie-ervaring wat enig en uniek in sy soort is.
Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak storietjies, is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller. Klublede kry elke maand ’n ouderdomsverwante Loebi die Draak boekie.
Dis egter nie al nie - as ’n klublid kry jy ook daaglikse aktiwiteite wat jy met jou kleinding kan doen. Verder kry jy ook leerhulpmiddels, soos werk- en leeskaarte wat jy saam met die daaglikse aktiwiteite kan gebruik. Soos julle sal sien is ons leesklub uniek en beslis ’n belegging vir jou kind se toekoms!
…………………………………………………………………………………………………………………
Meer oor Loebi die Draak
Gratis eerste les
Wat sê Martie Preller? (Skrywer van Loebi-reeks)
Wat sê klublede?
Aansluiting, pakette en kostes
Loebi die Draak inkleur en aktiwiteits-pakket
Teken in!!!
Meer inligting oor die stories
Jy sluit jou kind aan vir sy/haar ouderdomsgroep. Die verskillende ouderdomsgroepe waaruit jy kan kies is:
0-2 jaar (die pienk reeks)
2-3 jaar (die geel reeks)
3-4 jaar (die groen reeks)
4-5 jaar (die blou reeks)
5-7 jaar – skoolvoorbereidende reeks (die pers reeks)
Ons identifiseer die verskillende reekse met kleure in plaas van ouderdom. Enige van die boekies kan dus met groot sukses deur kinders gelees en deurgewerk word ook as lees-remediëring.
Die stories handel oor Loebi die draak, sy gesin, sy familie, sy omgewing, wat hy doen, wat hy nie kan doen nie en waarmee hy sukkel ensovoorts. Jou kleinding sal vinnig leer identifiseer met Loebi, want al is hy ’n drakie het hy dieselfde emosies, probleme en uitdagings as wat enige kind van daardie ouderdom het.
Die stories se taalgebruik, sinstruktuur, woordeskat, lengte en inhoud is aangepas by die spesifieke ouderdomsgroep se kognitiewe vermoëns. Die stories begin dus by baie eenvoudige kort stories vir die 0-2-jarige reeks tot meer gevorderde langer stories vir die 5-7-jarige ouderdomsgroep. Sodoende word ’n liefde vir lees stelselmatig en op ’n natuurlike en deurlopende manier by die kind gevestig.
Die stories en die aktiwiteite van elke les sentreer om die volgende temas:
Les 1: Wie is ek?
Les 2: Huis
Les 3: My familie
Les 4: My omgewing
Les 5: Diere
Les 6: Beroepe
Les 7: Feeste
Les 8: Vervoer
Les 9: Plekke
Les 10: Speelgoed/Verhoudinge
Les 11: Verbeelding/Kreatiwiteit
Les 12: Vaardighede
Die inhoud van die stories en die aktiwiteite is gebaseer op die voorskrifte en leeruitkomste van die Nasionale Kurrikulum en dien dus as addisonele hulp en voorbereiding vir toekomstige leerders. Die stories en aktiwiteite sentreer elke maand rondom ‘n ander tema. Aktiwiteite is dus opvoedkundig van aard, wat nie beteken dat dit nie PRET PRET PRET is nie!
………………………………………………………………………………………………………………….
Meer inligting oor daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels
Die daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels is gemik daarop om jou te help om jou kind se vaardighede optimaal vir sy/haar ouderdomsgroep te ontwikkel. Dit spreek alle aspekte van jou kind se ontwikkeling aan, soos byvoorbeeld: visuele diskriminasie, selfbeeld, wiskunde, wetenskap, fyn motoriese ontwikkeling, groot motoriese ontwikkeling, emosionele ontwikkeling, hand-oog koördinasie en nog vele meer. Daar is ook begripsvragies ingesluit en die ouer ouderdomsgroepe leer ook stelselmatig die alfabet bemeester.
Die daaglikse aktiwiteite is kort en jy kan dit maklik in jou besige skedule inpas. Dit is die perfekte manier om bietjie kwaliteit tyd saam met jou kind te spandeer. Natuurlik hoef jy ook nie elke dag die aktiwiteite te doen nie. Julle kan byvoorbeeld op ’n Saterdag die lekkerste aktiwiteite van die week kies en dit saam doen. Gebruik dit net soos julle wil en pas dit aan by julle eie spesifieke omstandighede.
…………………………………………………………………………………………………………………..

