Pretpos

Wat is Holderstebolder-pretpos?

Die pretpos idee het ontstaan danksy ‘n voorliefde vir die Afrikaanse taal, boeke, stories en natuurlik die ogies wat so skitterblink as daar na dié stories geluister word.

Holderstebolder beoog om kwaliteit Afrikaanse opvoedkundige produkte (wat, in my ervaring as ouer en Afrikaans-onderwyseres, báie moeilik verkrygbaar is) aan ouers, oumas, oupas en onderwysers van 2 tot 7-jariges te verskaf.

Hoe werk dit?

Elke pretpos word tematies saamgestel en word elektronies aan jou gestuur sodat jy dit self by die huis kan uitdruk. Sodoende kan mammas en pappas in die buiteland wat hul kinders Afrikaans wil grootmaak ook maklik toegang tot die produkte verkry (vertel dus vir ALMAL van Holderstebolder of stuur hulle e-posadresse na aspatatte@holderstebolder.co.za ).

Die pretpos word saamgestel uit, onder andere, verskeie prettige saamdoen-aktiwiteite, inkleurprente, pretidees, flitskaarte, stories, resepte, gediggies en wenke wat jou kind ‘n voorsprong sal gee om al die vaardighede wat hulle moet aanleer voordat hulle skool toe gaan, en meer, te bemeester. Die aktiwiteite kan aangepas word om by jou kind se ouderdom in te skakel. ‘n Kind wat byvoorbeeld nog nie kan lees nie, sal steeds daarby baat om alfabetkaarte in te kleur. Sodoende sal hulle wanneer hulle begin leer lees die letters makliker identifiseer.

Daar word al hoe meer by hoërskoolkinders waargeneem dat die grondslag van hul opvoeding ontbreek. Dit is ons taak as ouers om te sorg dat ons kinders se fondasie reg gelê word. Kwaliteit-tyd saam met jou kind is onontbeerlik. Die Holderstebolder pretpakke sal jou taak aansienlik vergemaklik. Om te sien hoe jou kind speel-speel leer en dinge ontdek is baie spesiaal.

Temas

Op die plaas Gratis!
Kersfees Gratis!
Valentynsdag
Ek en my liggaam
Fantasie
Paasfees
Koskaskenades
Winter
Leef groen!

Hoeveel kos dit?

R25 per pretpos

Bestel