Jan Blohm

s712307343_283195_1020.jpg

Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Hoewel sy groot invloed Engelse musiek is, is Afrikaans sy eerste keuse. Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir die digkuns en probeer die digterlike eienskap aan sy musiek gee.

Hy was nog altyd aangetrokke tot die musiek van Chuck Berry en die ou rock ‘n roll pioneers. Hy’t altyd na B.B. King en Muddy Waters geluister en later ook na Rodriguez en Bob Dylan. Deesdae luister hy graag na Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top. Plaaslik is die CD’s van Anton Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg nie.

Na skool het Jan vir hom ‘n pawnshop special acoustic gekoop. Met die sy algehele haat van conformity ontdek en die wortels van rock ‘n roll en Blues begin explore.

Die Lugmag was iets om te doen na skool, waar hy by Elektroniese Kommunikasie aangesluit het en daar het hy tyd gemaak om homself leer kitaar speel. Vyf jaar in die lugmag was genoeg van conformity en het hy ‘n loopbaan in Inligtingstegnologie begin.

In 2002 begin sy musiek aftrek kry en word hy heeltyds sanger/musikant. Twee van sy liedjies is op Volk Jou! by Wildebeest Records opgeneem en in daardie tyd het hy ook die wereld van klank ingeneur begin baas raak.

Jan het tradisioneel met ‘n driestuk opgetree maar onlangs het die Band ‘n vierde lid by gekry. Herman Kruger is steeds op dromme en Martin Labuschagne op Baskitaar ken julle nou al. Charl Brooderyk is die spllinter nuwe vierde lid van die Jan Blohm Band en hy speel rhythm kitaar.

Jan Blohm se debuutalbum, Melkstraat Confessions, het in 2004 verskyn. Hierdie album het met die 2005 GMT-Toekennings die kollig gesteel toe dit te midde van sterk kompetisie met drie van die vernaamste toekennings weggestap het. Die GMT was ‘n SABC 2-inisiatief en word in die tyd as die belangrikste seremonie in die Afrikaanse musiekbedryf beskou. ‘Album van die Jaar’ is aan hierdie debuut toegeken en Breyten se Brief word as “Liedjie van die Jaar” aangewys. Verder is Jan as ‘Beste Nuweling’ van dieselfde jaar aangewys.

Jan Blohm is geseen met vele talente en in 2005 nader die bekende Suid Afrikaanse TV direkteur, Frans Marx, vir Jan om die hoofrol in ‘n Afrikaanse dramareeks vir KykNet, “Dit wat stom is” te speel. Jan skryf ook die lerieke en komponeer die titelmusiek, “Dromer”, vir die reeks.

Jan het ontvang in Oktober 2005 die Huisgenoot Tempo Toekenning vir “Die Beste Rock Groep”.

Jan se tweede album, ‘‘n Stille Runaway’, is in Januarie 2006 opgeneem en al die liedjies is self deur Jan geskryf en gekomponeer. “Dromer” die titelmusiek vir die dramareeks “Dit wat stom is”, is ook op hierdie album te hoor. ‘‘n Stille Runaway’ bied ‘n verskeidenheid musiekstyle wat strek van rock na blues, van ballades tot ligte jazz. ‘n Verrassing op die album is dat Jan selfs klavier kan speel wat gehoor kan word in twee van die liedjies: “Ja ma” en “Vanoggend Van Gogh”. Die musiekvideo van die liedjie “In wens” is opgeneem tydens die opname van hierdie album in Clarens in die Vrystaat.

Hierdie album is alles wat al die lojale aanhangers voor gehoop het en het ook om elke hoek en draai nuwe aanhangers gewen.

Jan se derde CD getiteld “Groen Trui” is in November 2006 met ‘n groot gejuig bekendgestel by die Performer Teater in Pretoria. Die CD bevat (natuurlik) sy gelyknamige treffer wat bekend geraak het met die bekende TV reeks ‘Orion’ en ‘n paar liedtjies wat gereelde gaste by sy lewendige optedes reeds sal herken. ‘n Nuwe rock-weergawe van “Sondag-lover” maak sy verskyning en na jare se wag is “Johnny K”, Jan se tribute aan Johannes Kerkorrel, Jimi Hendrix en ander musiekmeersters, uiteindelilk opgeneem.

Jan het ondanks sterk kompetisie twee Huisgenoot Tempo Toekennings in 2007 ontvang, naamlik Gunsteling Rockalbum vir Groen Trui en weereens vir Gunsteling Rockgroep.

November 2007 verskyn Jan se DVD, ‘Live at the Performer’. Die opname is gemaak tydens die bekendstelling van ‘Groen Trui’ by die Performer Teater.
In 2008 voltooi Jan ‘n suksesvolle toer na London, waar hy by die Aardvark optree en Beijing in China. So word Jan die 1ste Suid Afrikaanse kunstenaar wat in China optree. Hier het hy nie net Suid Afrikaners se siele gevoed nie, maar die Suid Afrikaanse Ambasadeur vermaak en Chinese en Kanadese se harte gesteel. Die geleentheid was die opening van ‘n Suid Afrikaanse restaurant, Pinotage. Dit was ook die finale geleentheid van die vieringe waar die SA Embassy same met die SA Business verskeie geleenthede gehou het om die 10 jaar herdenking van diplomatiese bande tussen Suid Afrika en China te vier.

Ook in 2008 is Jan Blohm bekroon by die 14de jaarlikse SAMA toekenningsaand vir ‘Beste Afrikaanse DVD van die Jaar’.

http://www.janblohm.co.za/

jan_blohm_1.jpg