Ashtray Electric bestaan uit Andre Pienaar (sang en kitaar), Regardt Nel (baskitaar), Rudi Cronje (kitaar) en Rupert Nel (dromme).
Hulle is eintlik maar ‘n klomp Afrikaanse seuns. Andre Gideon Montgomery Pienaar, soos sy naam voorstel, het net mooi genoeg Engels in hom om as Engels geklassifiseer te word (al kom hy eintlik van Wellington af). Dis ook waarom hulle in Engels sing. Die res van hulle kom uit daai diep Rock ‘n Roll put, Bellville. Juis hieroor word hulle op die Bellville Rock City CD/DVD kompilasie tentoon gestel.
Die inspirasie vir hulle musiek kom uit die alledaagse lewe - om groot te word, laatnag partytjies, hoe ou vriende verander en hoe nuwes in en uit jou lewe beweeg.
Gaan lees meer oor die Ashtray Electric-manne se doen en late by www.myspace.com/ashtrayelectric