Bestellingsvoorwaardes
Deur produkte of boeke/DVD’s by Holderstebolder te bestel, aanvaar jy die volgende voorwaardes:
Bewys van betaling vir boeke/DVD’s moet binne 5 werksdae aan Holderstebolder gestuur word. Die boeke/DVD’s sal nie langer as 5 werksdae uitgehou word nie.
Holderstebolder se produkte is uitsluitlik vir privaat- en klaskamergebruik. Dit mag onder geen omstandighede uitgeleen, gekopieer of verkoop word sonder ons toestemming nie.
Om ons pdf. dokumente lees of uit te druk, moet jy Adobe Reader op jou rekenaar hê. Jy kan hierdie program gratis van die Adobe webtuiste aflaai. Stel jou drukker op “Shrink to fit page”.
Holderstebolder aanvaar nie verantwoordelikheid vir verkeerde besonderhede nie. Maak seker die pos- of e-pos adres wat jy vir ons stuur is korrek.
Holderstebolder aanvaar nie verantwoordelikheid vir ‘n verkeerde produk wat bestel word nie.
Van ons elektroniese produkte is groot. Maak seker jy het toegang tot ‘n vinnige Internetkonneksie en dat jou e-pos groot dokumente kan ontvang.
Holderstebolder moet binne 30 dae na die betaling van die produk van enige probleme in verband met die produk in kennis gestel word. Na die 30 dae tydperk aanvaar ons dat jy jou produk ontvang het en dat jy daarmee tevrede is.
Dit is jou eie verantwoordelikheid om produkte wat via pakketpos aan jou gestuur word by die poskantoor te gaan afhaal. Jy sal ‘n afhaalstrokie van die poskantoor ontvang. Die poskantoor stuur pakkies terug wat langer as 30 dae daar lê. Jy sal dan weer posgeld moet betaal voor jou pakkie weer aan jou gestuur word.

