Agent Snoet, geheime agent van formaat, en sy siamese kat, Felino, ondersoek die verdwyning van Madame Lente Langenhoven se botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik Felino wat die skurk vastrek. Die dief is niemand anders nie as… Nee wag, so maklik gaan ons nie die antwoord verklap nie. Lees self hierdie spanningsvolle en humoristiese speurverhaal in strokiesprentformaat om uit te vind wie nou eintlik die botterdiamant gegaps het.
Ook in die reeks:
Agent Snoet en die Hondelewe; Agent Snoet en die Kattekwaad