artemis.jpg

Artemis Fowl - Eoin Colfer

Vertaling: Janie Oosthuysen
Human & Rousseau

Hoe sal ‘n mens vir Artemis Fowl beskryf? Etlike psigiaters het al probeer en misluk. Die hoofprobleem is Artemis se verstommende intellek. Hy fnuik elke toets waaraan hy onderwerp is. Hy het die grootste mediese geeste verwar en het verskeie van hulle al brabbelend na hul eie hospitale teruggestuur.
Dat Artemis ‘n wonderkind is, ly geen twyfel nie. Maar hoekom sal so ‘n briljante persoon sy lewe aan kriminele aktiwiteite wy? Dis ‘n vraag wat net een mens kan beantwoord. En hy verkies om nie te praat nie.
Dalk is die beste manier om ‘n akkurate prentjie van Artemis te verkry om die reeds beroemde verhaal van sy eerste waaghalsige misdaad te vertel. Ek het hierdie verslag saamgestel uit eerstehandse onderhoude met die slagoffers en soos die verhaal ontvou, sal jy besef dit was nie maklik nie.
Die storie begin ‘n hele paar jaar gelede met die aanvang van die een-en twintigste eeu. Artemis Fowl het ‘n plan beraam om sy familie se fortuin terug te kry. Dit was ‘n plan wat hele beskawings kon laat kantel en ide planeet in ‘n oorlog tussen spesies kon dompel.
Hy was toe twaalf jaar oud …