diekie.jpg

Diekie vannie Bo-Kaap - Zulfah Otto-Sallies

Dit was die oggend toe Diekie se oemie van haar ver reis teruggekom het dat Ice vir die eerste keer met ander oë na hom begin kyk het. Dit was daardie dag wat ek so helder onthou. Die dag van Oemie se terugkoms van haar heilige reis na die Mekka. Toe sien ek hoe ‘n warm, liefdevolle persoon Diekie in werklikheid is… Om die verhaal van Ice en Diekie te lees, is so goed soos om in ‘n Bo-Kaapse huis te sit en luister na die kleurryke taal met die raak sêgoed terwyl die geur van vars koesiesters, van bobotie, samosas en daltjies om jou hang, lui die flapteks. Maar dis nie net Ice en Diekie se storie nie. Dis ook die storie van Rocky, leier van die Charmers. Van Jake, wat altyd “geroek” is, van Miles en Videokop en Giemba, van al die “boys oppie hoek”. En van die nag waarin die loeiende polisiesirene en die geluid van skreeuende bande en skeurende metaal ‘n keerpunt bring in die lewe van die jong mense.

Die eerste Bo-Kaapse jeugroman in Afrikaans, gebaseer op die hoogs suksesvolle musical met dieselfde naam. Ice en Diekie glo, soos Romeo and Juliet, dat daar nog nooit ‘n liefde soos hulle s’n was nie. Tot die nag waarin ‘n loeiende polisie-sirene en skote wat klap ‘n keerpunt in hulle lewens bring.

Tafelberg

Bestel by Kalahari.net