Ditsem, Dawid! is ’n roman wat handel oor Dawid Kroukamp, wat saam met drie ander ouens, wat hy skaars ken, op die jagveld beland. Hy is die nuweling in die skool en het sy pad tot reserwe van die eerste rugbyspan oopgespeel. Hy kry geleentheid om in die span se beste skrumskakel, Boela, se plek te speel en druk die wendrie. Daar is ook nog Renosterpoort, die jagplaas van Richter, die eerste rugbyspan se kaptein en Ernesta, sy suster, die mooiste meisie in die skool, en eens Boela se meisie. Dan is daar Radinaka en Sussie, bedreigde renosters, en stropers wat op hulle spoor is…