droomvangers.jpg

Droomvangers - Martie Preller

Die term “droomvanger” hou verband met ‘n ou Indiaanse legende. Dit is ‘n maaksel wat ‘n mens voor jou venster hang en wat goeie drome deurlaat maar alle slegte drome opvang om deur die son doodgebrand te word. Freddie, die hoofkarakter in die boek, raak moedeloos en gooi sy droomvanger weg. Sy droom om gou ryk te word, word dan tog skielik waar - maar met onaangename nagevolge. Hy verloor goeie vriende in die proses en wie hy gedink het sy nuwe groot vriend is, bring hom in groot moeilikheid.
Ten spyte van die voorspelbaarheid van die verhaal (die leser weet lank voor Freddie, eintlik reg van die begin af, dat hy bedrieg word en vind dit vreemd dat hy dit nie ook kan insien nie) lees dit lekker. Martie Preller slaag daarin om dit alles nie soos ‘n les te laat klink nie - iets wat Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers dikwels baie moeilik vind. (TvdW)

Bestel by kalahari.net
Hierdie is ‘n gedeelte uit ‘n resensie voorheen in Beeld gepubliseer.