droomwa.jpg

Droomwa - Barrie Hough

1990 SANLAMPRYS VIR JEUGLEKTUURSILWER

Vir Paul van Zyl is sy standerdvyfjaar ‘n grootwordjaar. Hy kan die ontydige dood van sy pa nie verwerk nie en bly droom van hom. Hy maak vriende met die ou skoonmaker by hulle woonstelgebou, maar konflik ontstaan wanneer hy Paul se pa se ou Buick, sy “droomwa”, wil koop. Paul leer dat mens die verlede nie kan terugroep nie. Dat dit wat verby is, onherroeplik en vir ewig verby is. Dat dit wat gedoen is, ewe onherroeplik gedaan is. Hy leer om afskeid te neem, en om verantwoordelikheid te neem vir wat hy gedoen het. Maar bowenal leer hy aanvaarding.

Bestel by kalahari.net