Ons het leerlingraadvergadering gehad en ek kom eers laat by die skool weg. Kry vir Liza langs die pad. Nou kyk, sy’s die hotste stukkie vleis in ons klas.
Ek sal haar maar oplaai, al weet ek sy steur haar nie juis aan my nie.
“Waar loop jy so laat rond?” vra ek toe sy inklim.
“Ek het weer detensie gehad. Oor ek gerook het. Hierdie skool se Middeleeuse mentaliteit gee my die creeps.” Sy steek ‘n sigaret aan.
“Reëls is reëls,” sê ek en haal my skouers op.
“Ag man, moenie jy ook nog vir my preek nie. “Ek’s gatvol vir skool en reëls.” Die rook stroom by haar neus en mond uit. Sy steek nog ‘n sigaret aan en gee dit vir my. “Om jou nerves te cool.” Sy knipoog vir my en my maag gee ‘n draai en my hart skop tot binne-in my keel.
Ek het eers gedink ek sal haar net afflaai en dan dadelik huis toe gaan. My lelik misgis. Sy nooi my vir ‘n splif - wat dit ook al is.
Liza is die dish van die skool. As jy eers in haar goeie boekies is, sê, is die lewe een lang paartie. Van die een rave club na die ander hang Peet saam met Liza uit. Binne skree die DJ: “Come on people! Party!” “Yeah, yeah,” skree Peet, want hy wil Liza se voete onder haar uitslaan en so funky wees soos nog iets. Maar soos dit ook met Hannes en Tripswitch was, het Peet gou die ontnugtering gesmaak van funky wees saam met mense wat jou misbruik vir eie gewin. En soos hulle, moet hy nou in die rehabilitasiesentrum veg om sy lewe terug te kry. En die vraag is: kan hy? Soos Tippex dit uit is hierdie ’n byderwetse verhaal met ’n ernstige ondertoon van hoe gou jongmense in die kloue van dwelms kan beland en hoe moeilik dit is om daaruit te ontsnap.
Human & Rousseau