elvis.jpg

Die dae toe ek Elvis was - Francois Bloemhof

Well, it’s a one for the money,
Two for the show; Three to get ready …
en ek wonder of dit my lewe gaan wees dié: Hurry up en wag vir Niks met ‘n groot F om te gebeur. Ek kyk na kamer 9 se verveelde gesigte. Is dit al wat ons gemeen het?
Now go, cat, go!
Hoeveel van hulle sal dit enduit kan saamsing? As ek so om my kyk na die ses en twintig ander wat so oud soos ek is en saam met wie ek elke dag moet luister na ‘n ouer skepsel wat praat oor goed wat net so min met ons te make het soos boeremusiek met ‘n ruimteskp, tel ek maar die dae tot die einde van matriek. Na vandag is dit nog tweehonderd en vyftig. ‘n Leeftyd.
Now go, cat, GO!

In CJ se dorp is dinge vinnig aan die gebeur. Hy soek Charmaine met ’n seer hart. Terwyl hy regmaak om nog ’n keur Elvis te speel. Terwyl hy wonder wat fout is met sy vriend Richard. En sy ma besig is met haar eie dinge.

Tafelberg

Bestel by Kalahari.net