Die sesde boek in die baie gewilde Afrikaanse reeks vertalings van die Harry Potter boeke. Die bekende vertaler en skrywer van draaiboeke, Kobus Geldenhuys, toor behoorlik met woorde om die Afrikaanse uitgawe net so boeiend en betowerend te maak as die oorspronklike. Voldemort en sy handlangers tree uit die skadu’s en veroorsaak chaos in Brittanje. Intussen is veiligheidsmaatreëls verskerp by Hogwarts, waar Harry in sy sesde jaar is.
Human & Rousseau