jakkalsvoel.jpg

Jakkalsvoël - Kobus Maree

’n Verhaal vir jong tieners oor grepe uit ’n matriekseun, Jacques, se lewe wat stadigaan ontvou soos wat hy met sy sielkundige praat. Van kleins af al het hy een of ander vorm van verwerping ervaar, hetsy sy pa, by die skool, sy meisie en op die sportveld. Die enigste werklike anker in sy lewe is sy ma – en sy is besig om aan kanker te sterf. Maar dan gebeur iets verskrikliks wat hom finaal laat ontspoor en in die tronk beland. Gelukkig is hy ’n A-student en het hy die vooruitsig om ná die uitdiening van sy vonnis vir ’n dokter te gaan studeer. ’n Positiewe verhaal waarmee jongmense sal kan identifiseer, maar dit is darem nie net ernstig nie – daar is humoristiese en ligte oomblikke ook.

Human & Rousseau

Wat sê die resensies?

Dié verhaal is verweef met die pyn waarmee talle mense, ook tieners, een of ander tyd worstel – moeilike huislike omstandighede, druk om te presteer, verhoudingsprobleme, aanvaarding, ‘n onsekere toekoms, siekte of dood van ’n geliefde … Die skrywer kry dit reg om op ’n realistiese wyse en met die nodige empatie tot binne-in die kop en hart van die tiener te kom. Die slothoofstuk is ’n vuishou in die maag wat die leser tegelyk kan ontstel, maar ook aangryp en opnuut ook onder die besef bring van hóé geweld en misdaad in die land op die een of ander manier ook tieners emosioneel aan flarde kan ruk.
(Verkorte resensie: Beeld, Okt 07 2007 - Alet Rademeyer, Beeld: Onderwysverslaggewer)

Bestel by kalahari.net