Vier boesempelle se fietstoer Boendoesbaai toe word ‘n nagmerrie wanneer hulle op die verkeerde roete beland. Een verdwyn spoorloos. ‘n Donderstorm dwing die res om inderhaas skuiling en oornagplek te soek. Só belang een van die oorblywende drie op ‘n afgeleë plaas by ‘n man en sy gevaarlike ma, terwyl die ander twee oornagplek op ‘n nabygeleë plantasiedorp, Terugkeer gaan soek. Maar terugkeer hou nie van vreemdelinge nie. Inteendeel, vreemdelinge moet hierdie plek liefs vermy…
‘n Lekker vinnigbewegende spanningsverhaal vir jong tieners.
Human & Rousseau