tommasino.jpg

Totsiens Tommasino - Philip de Vos

Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italie om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet die wonderkind - wat tot dusver baie eensaam in al die grootmensgeselskap was - die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die eerste keer in sy lewe vorm Wolfgang ‘n hegte vriendskap en beleef hy saam met Tommasino, soos Linley in Florence genoem word, dramatiese, humoristiese en emosionele oomblikke in hul drie sublieme dae saam.

Teen die agtergrond van die kultuurskatte van Europa – musiek, beeldhoukuns en skilderkuns – beeld Philip de Vos die wedervaringe van die jong Mozart met deernis en humor uit. ‘n Boek wat jonk en oud sal bekoor vir die skrywer se besonderse passie vir en sy fyn waarneming van ‘n milieu ryk aan geskiedenis en oorlewering

Human & Rousseau