In hierdie eg Suid-Afrikaanse ABC-boek, word jong lesers aan die alfabet bekend gestel deur prettige rympies oor inheemse diere en voĆ«ls. Daar is reeds vir geruime tyd nie ‘n Afrikaanse ABC-boek op die mark beskikbaar nie en Afrikaanse rympies is ook so skaars soos hoendertande.
Die rympies is geskryf deur bekende kinderboekkritikus en -skrywer Maritha Snyman en die humoristiese en kleurvolle illustrasies is die werk van Karen Lilje.