Een oggend in die lente daag daar ’n brief op by die huis van die Muis gesin. Pappa Muis lees dit hardop vir almal. Oupa Gromski skryf dat hy ’n Muisboot op die Lotrivier gekoop het en hy wil hê hulle moet die somer saam met hom kom vaar! Alles gaan voor die wind: die tweeling help Oupa om die boot deur die slotte te stuur en hulle kry selfs kans om hulle nuutgevonde kennis van bote te gebruik om ’n ander boot te red – met die hulp van ’n slim apie en sy kennis van seine! Ook in Engels beskikbaar onder die titel The Mouseboat.
Tafelberg