Klein Elvis se gróótste begeerte is om in iemand se arms toegevou te word. Maar helaas - niemand wil vir die stekelrige klein krimpvarkie ’n drukkie gee nie! Elvis dwaal deur die stad, die park en die hospitaal op soek na ‘n drukkie. Hy is byna moedeloos toe hy iemand hoor sê: “Wil niemand vir my ‘n soentjie gee nie?” Dalk is hierdie nuwe vriend die antwoord op Elvis se wens: “Gee my ‘n drukkie, asseblief …”
Fantasi