kido.jpg

Erik en die Kido-dinges - Leon de Villiers

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos ‘n biblioteek. Maar by ‘n kidoteek ruil ‘n mens nie boeke om nie. By ‘n kidoteek ruil ‘n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die Kidoteek gaan omruil vir ‘n gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. DiĆ© twee bekommer hulle oor alles - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek Erik dat daar ook ‘n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word…
‘n Humoristiese en oorspronklike verhaal vir 9-11-jariges.

LAPA