leanderlouise.jpg

Leander en Louise - Ann Walton en Marna Hattingh

By Louise se verjaardagpartytjie speel sy en haar maats heerlik totdat Louise per ongeluk bo-op haar hond, Leander, val. Hy skrik en byt haar, en sy huil. Dadelik raas almal met hom: “Leander, jy’s ‘n stout hond!” Die partytjie is toe ook sommer verby en Louise se ma neem haar dokter toe. Maar by die huis kry Leander ‘n blink plan: hy gaan vir Louise ‘n “Word gou gesond”-kaartjie stuur!

Tafelberg