‘n Lewensbevestigende verhaal wat hom in ‘n Suid-Afrikaanse township afspeel. Hier word van die meisie Siziwe verwag om ‘n rukkie na haar boeties en sussies te kyk - haar ma is land toe om na hul siek oupa om te sien en hul pa is uit op see. Ma se monstertjies is rasend honger, maar daar is nie ‘n krummel in die koskas nie. Ma se beste vriendin sou nog kon help, maar ook sy is nerens te sien nie! Hoe nou gemaak? Siziwe steek die primusstofie aan, sit ‘n kastrol daarop, vul dit met water en begin kook aan die lekkerste ete in die hele wereld - aan die Ete van Hoop.
Illustrasie Paddy Bouma
Tafelberg