Klara is die oudste. Ben is die baba. En Miemie is in die middel. Wanneer hulle speletjies speel is sy in die middel, etenstyd sit sy in die middel - sy slaap selfs in die middel! Op ‘n dag het Miemie genoeg gehad en sy besluit om weg te loop, tot aan die onderpunt van die tuin. Daar help ‘n padda haar ontdek dat die middel eintlik ‘n baie spesiale plek is.
LAPA