Mietjie word groot by ouma Poppie en ouma Booi op Muisedam, ’n plaas doer anderkant Carnavon. Sy gaan binnekort vir die eerste keer skool toe, maar iets pla haar … Sê nou die ander kinders vra haar waar is haar ma? Wat gaan sy sê? Want sy weet nie waar haar ma of wie haar pa is nie. En ouma Poppie wil ook niks sê nie … Vir 5 — 8 jaar
Illustrasies: Alida Bothma
Tafelberg Uitgewers