prentewoordeboek2.jpg

My Eerste Prente-woordeboek - Irene Yates

Kinders speel graag met woorde en die aanleer van ‘n nuwe taal kan groot pret wees. Hierdie vrolike en kleurryke tweetalige prentewoordeboek is spesiaal ontwerp om jong kinders se taal- en leesvaardigheid te ontwikkel. Die eenvoudige bladuitleg maak dit maklik om die woordeboek te gebruik, en eenvoudige woord-prent-assosiasie word ingespan om die heel kleintjies bekende en ook minder bekende Afrikaanse en Engelse woorde te leer. So maak hulle speel-speel kennis met meer as 200 woorde, gegroepeer in alledaagse temas waarmee hulle kan identifiseer. Dit bied ook ‘n prettige eerste kennismaking met basiese konsepte soos kleur, getalle en die weer, en deurlopende vrae moedig kinders aan om fyn op te let en te praat oor wat hulle sien.

Illustrasies deur Nick Sharratt
Human & Rousseau