Afgesien van besondere figure soos UilspieĆ«l en die swape rondom wie hele siklusse verhale ontstaan het, speel mense ook ‘n hoofrol in ‘n hele reeks ander Afrikaanse sprokies. Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika. Die stories is vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf.
H&R