………………………………………………………………………………………………………………….
Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder. en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys te wen!
Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za of kontak ons vir ons posadres en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys te wen.
………………………………………………………………………………………………………………….
LAPA 2010 AFRIKAANSE JEUGROMANKOMPETISIE
LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. LAPA bied graag tieners plaaslik ontwikkelde boeke waarby hulle aanklank kan vind. Daarom het LAPA besluit om ’n Afrikaanse Jeugromankompetisie van stapel te stuur.
LAPA nooi skrywers van jeugboeke om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar dit moet Afrikaanse tekste van 25 000 tot 45 000 woorde wees waarmee tieners kan identifiseer. Inskrywings moet alleenstaande enkeltitiel-jeugromans wees en nie deel vorm van ’n beoogde reeks nie. Die teikenouderdom is 13 tot 18 jaar.
Daar is drie pryse op die spel:
Eerste prys : R25,000
Tweede prys : R15,000
Derde prys : R10,000
Die sluitingsdatum is 30 September 2010. Alle inskrywings moet gestuur word na LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001. Alle inskrywings moet vergesel word van ’n inskrywingsvorm vir die kompetisie en ’n volledige dekbrief. Bepalings en voorwaardes geld.
………………………………………………………………………………………………………………….
R150,000 OP DIE SPEL IN LAPA SE 2010 AFRIKAANSE ROMANKOMPETISIE
Dit is vir LAPA uiters belangrik om kwaliteit Afrikaanse leesstof te publiseer en om Afrikaanse skrywers die nodige erkenning te gee.
LAPA nooi alle Afrikaanse skrywers om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe lengte of tema nie en debutante sowel as reeds gepubliseerde skrywers kan deelneem. Die enigste vereiste is dat die manuskrip ’n nuutgeskrewe, oorspronklike Afrikaanse teks moet wees.
Die skrywer van die wenmanuskrip ontvang R100,000 kontant. Die tweede prys is R50,000.
Die sluitingsdatum is 30 September 2010. Alle inskrywings moet gestuur word na LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001. Alle inskrywings moet vergesel word van ’n inskrywingsvorm vir die kompetisie en ’n volledige dekbrief. Bepalings en voorwaardes geld.
Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te bekom, besoek www.lapa.co.za of kontak LAPA se bemarkingsafdeling by Tel: 012 401 0700 of lapa@lapa.co.za.
………………………………………………………………………………………………………………….
Skryf ‘n storie saam met Bessie Hemelbesem
GRATIS hulpmiddel vir skole, skrywers, biblioteke, en andere, met komplimente van die skrywer, Janie Oosthuysen:
PLAKKAAT: Leer skryf ‘n storie
Vir meer inligting:
www.skryfgeheime.co.za
janie@skryfgeheime.co.za

