Louise Prinsloo
Louise Prinsloo is in Johannesburg gebore en getoë. Sy matrikuleer aan Helpmekaar Hoër Meisieskool, verwerf haar onderwysdiploma aan die NKP en lisensiaat in drama deur die ADK onderleiding van Aletta Gericke. Sy is die skrywer van Graad een leesboeke; kortverhale; kinder en - jeugverhale, waaronder die bekroonde Geheim van Groukatlaagte, die Lizette Trilogie; Miempie, Oupa Daan laat sy kierie staan; Die Gedaantes en Geraamtes-reeks; Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1, 2 en 3; By die Lêplek van die Leeus, Pretvanger, radiodramas en ‘n verhoogdrama. Hierdie is haar eerste roman. Sy is getroud met Daan Prinsloo en woon in Pretoria.
Besoek Louise se webwerf by www.louiseprinsloo.co.za
Vars uit die oond
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 uitgegee deur Human en Rousseau is vanaf 2009 ‘n voorgeskrewe boek vir Afrikaans 1ste addisionele taal Graad 9 in die Noord-Wes Provinsie.
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 uitgegee deur Human en Rousseau is 15 Julie 2009 vrygestel.

