Storiekussings vir die kleinspan

Min ouers besef hoe ‘n belangrike rol hulle speel om ‘n liefde vir lees by hulle kinders aan te wakker.  Lees van kleins af vir jou kind en maak storietyd spesiaal – jy sal vir die res van jou lewe die vrugte daarvan pluk.

Elke kind moet sy/haar eie boekrak of boektrommel hê. Skep ‘n leeshoekie in jou kind se kamer wat hy kan assosieer met ‘n rustige tydjie alleen of ‘n spesiale tydjie saam met Mamma of Pappa. Gebruik ‘n storiekussing in die leeshoekie om van storietyd ‘n ritueel te maak.

‘n Paar praktiese wenke:

  • Gebruik die storiekussing saans wanneer julle met slaaptyd stories lees, en onthou dat storietyd baie goed werk as skeidslyn tussen die besige dag en ‘n rustige nag.
  • Kinders kan ook alleen op die storiekussing sit en boekies deurblaai of self lees wanneer hulle ouer is.
  • Trek die storiekussing nader as jy dringend ‘n paar oproepe moet maak en laat jou kind by jou sit, of sleep die boks boeke en die storiekussing saam kombuis toe wanneer jy wil begin kos maak vir aandete.
  • Gooi die storiekussing in die kar wanneer julle ‘n entjie moet ry en jou kind ‘n rukkie op haar eie moet besig bly.

(Bron: Botes, E. 2010. Speel-speel. LAPA Uitgewers)

Bietjie ‘Pinspirasie’ vir julle storiekussing:

  Follow Holderstebolder’s board Storiekussings on Pinterest.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *