Die werfjoernaal hou jou op hoogte van al Holderstebolder se nuutste nuus en gebeure.

Thomas@kompetisie

November Nuus

Holderstebolder is November 1 jaar oud!!! Om ons verjaarsdag te vier, het ons ‘n lekker skryfkompetisie geloods. Jy kan ook ‘n lekker boekprys losslaan deur in te teken op ons een van ons nuusbriewe!

…………………………………………………………………………………………..

Boeke is die BESTE geskenke!

Gee hierdie jaar net boeke as Kersgeskenke! Volg een van die skakels vanaf Holderstebolder en bestel by Kalahari.net.

Jy kan ook gaan loer by Aspatatte en wonderlike geskenke vir die kleinspan by ons bestel!

…………………………………………………………………………………………..

Wil jy graag een van Holderstebolder se gratis maandelikse nuusbriewe ontvang?
Kliek hier.

…………………………………………………………………………………………..

Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!

Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ‘n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ‘n spanningsvolle riller. Lees meer

…………………………………………………………………………………………..

Gaan stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys
vir 2009!

…………………………………………………………………………………………..

Skryfgeleenthede

Verjaarsdagkompetisie!!! / Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder / Skryfgeheime skryfkursus / Sanlam se Groot Romanwedstryd / LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie / R150000 op die spel in LAPA se 2010 Afrikaanse Romankompetisie
…………………………………………………………………………………………..

Kalender

Klein Libertas teater in Stellenbosch

20 NOV: Oupa en Ouma sit op die stoep
21 NOV: Iets uit niets!
23 NOV: Luna Paige – CD launch: Wonderful Life

Die Boer in Durbanville (Holderstebolder hoogtepunte):

5-8 NOV: JANNIE MOOLMAN

Centurion Teater

6 NOV: LIZE BEEKMAN
12 NOV: HELENE BESTER
19 NOV: JANNIE MOOLMAN
20-21 NOV: MATHYS ROETS
26-28 NOV: STEF BOS
30 NOV: NATANIEL

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

…………………………………………………………………………………………..

Skrywer van die maand… Marita van der Vyver

…………………………………………………………………………………………..

Band van die maand…Van Coke Kartel

…………………………………………………………………………………………..

Webwerf van die maand… Skrywer en illustreerder Piet Grobler

…………………………………………………………………………………………..

NUWE BOEK… Martie Preller se Los ons uit! (LAPA uitgewers)

Diep, diep in ’n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats. Op ’n dag kom ’n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het ’n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie … Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks, waarvan daar reeds meer as 40 000 boeke verkoop is!

Bestel die Babalela t-hemp (vanaf 1 jaar tot volwasse groottes) of speelpop by ons!

…………………………………………………………………………………………..

Vir diegene met kleuters:

Teken nou in op ons spesiale Aspatatte nuusbrief en ontvang gereeld inligting oor Afrikaanse produkte vir kinders.

Gaan loer by Aspatatte en bestel wonderlike Kersgeskenke vir die kleinspan by ons!

Los ons uit!

LEES EN LUISTER LOS ONS UIT!

Besoek LAPA se webblad en laai die voorlesing deur die skrywer af as ’n MP3-lêer.

Martie Preller se Babalela het sedert die publikasie daarvan sowat nege jaar gelede, reeds byna 28 000 kopieë verkoop. Van die tweede Babalela-boek, Diep, diep in ’n donker bos, het sowat 15 000 van die rakke gevlieg. Dit maak Babalela en sy opvolger van die suksesvolste Afrikaanse kleuterboeke ooit.

Intussen is Babalela-vertonings regoor die land gehou; T-hemde met die slagspreuk Ek is ’n Babalela. Los my uit! het soos soetkoek verkoop; daar is ’n skattige pers pop gemaak wat in boekwinkels te koop is; en ’n stel vingerpoppies van Babalela en sy maats is pas vrygestel.

Goeie nuus is dat Babalela terug is in ’n splinternuwe storie-avontuur getiteld Los ons uit!

Om die vrystelling van die derde Babalela-titel te vier, het LAPA Uitgewers ’n spesiale storieverrassing vir die gewilde pers karaktertjie se aanhangers: Boekvrate kan ’n spesiale MP3-lêer van LAPA se webtuiste (www.lapa.co.za) aflaai waarop Babalela se storie-ma, Martie Preller, Los ons uit! voorlees. Kleingoed kan dus Andries en Erica Maritz se bekoorlike illustrasies volg terwyl hulle na die voorlesing luister.

Hierdie inisiatief is waarskynlik die eerste van sy soort vir ’n Afrikaanse kinderboek – en bewys dat Babalela steeds baanbrekerswerk doen om Afrikaanse kinders te vermaak!

Die Babalela-reeks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers.

Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys 2009

Boekemakranka het verlede jaar ‘n Top 100 Afrikaanse Leeslys saamgestel, nadat mense hulle gunsteling-boeke genomineer en daarvoor gestem het. Die Leeslys is wyd ondersteun, en verskeie boekwinkels en biblioteke het dit gebruik.

Vir baie boekwurms is dit moeilik om te glo dat daar mense is wat raad nodig het oor boeke om te lees, maar dit is juis na die soveelste persoon wat raad gesoek het oor skrywers en boeke, wat die idee gebore is.

Die terugvoer na die eerste lys was oorweldigend, en die tyd het aangebreek vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009. Die doel van die Leeslys is nie om die oppergesag oor die beste boeke in Afrikaans te wees nie, maar om lesers se subjektiewe voorkeure op informele wyse weer te gee.

Nominasies word ingewag vir jou gunsteling-boeke, tot 31 Oktober. Daarna kan gestem word, en die 100 boeke met die meeste stemme sal dan Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 vorm.

  • Die boeke moet geredelik beskikbaar wees in winkels en biblioteke.

  • Dit moet jóú gunsteling-boeke wees, nie dié wat jy dink gaan goed lyk op ʼn lys, of waarvan jy net gelees het nie.

  • Boeke oor stokperdjies en selfhelp-boeke sal nie oorweeg word nie.

  • Groot sorg moet asseblief gedra word dat skrywers se name en titels van boeke korrek gespel is.

  • Slegs nominasies wat in die volgende formaat ontvang word, sal oorweeg word: Van Voorletters,Titel

  • Geen spasies voor of na komma nie, ook geen spasies of punte tussen voorletters nie.

Doen dit so:

Preller Martie,Vandag is nie gister nie

Van Heerden Etienne, Asbesmiddag

Brink André P,Ander lewens

Scholtz AHM,Vatmaar

Nominasies kan gestuur word aan leeslys@icon.co.za of hier op die Boekemakranka forum geplaas word.

Rompilus van Stadenberg

VANFOKKINGSPASTIES

VANFOKKINGSPASTIES - Die langverwagte bekendstelling van Rompilus van Stadenberg se kontroversiële nuwe EP - Dis Jou Land.

n146406319767_9109.jpg

Wanneer: Vrydag 11 September 2009
Waar: Carnival Court, 255 Langstraat, Kaapstad
Toegang is gratis. Die eerste 100 mense in by die deure kry ‘n gratis shot!

Rompilus van Stadenberg, ‘n meestersgraad kunsstudent, het 100 verskillende EP covers ontwerp vir elkeen van die 100 limited edition Dis Jou Land EP’s. Elk is ‘n unieke, individuele kunswerk.

Elke persoon wat een van die genommerde EP’s koop se naam sal by die EP-nommer in die Dis Jou Land cover design boek, wat binnekort vrygestel sal word, verskyn.

Bestel NOU een van die EP’s vir slegs R49.99 by disjouland@gmail.com en kry ‘n gratis badge en poskaart!

Luister na PELETON, een van die snitte op die EP, by http://www.disjouland.co.za.

Besoek ook die VANFOKKINGSPASTIES event op Facebook.

Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

1 Dalene Matthee – Fiela se kind
2 Dalene Matthee – Kringe in ʼn bos
3 Elsa Joubert – Die swerfjare van Poppie Nongena
4 Alba Bouwer – Stories van Rivierplaas
5 Marita van der Vyver – Griet skryf ‘n sprokie
6 Marlene van Niekerk – Agaat
7 Marlene van Niekerk – Triomf
8 PG du Plessis – Koöperasiestories
9 Jeanne Goosen – Ons is nie almal so nie
10 Deon Meyer – Orion
11 Annelie Botes – Sabbatsreis
12 Dalene Matthee – Moerbeibos
13 NP van Wyk Louw – Raka
14 Dalene Matthee – Toorbos
15 Dalene Matthee – Pieternella van die Kaap
16 CJ Langenhoven – Versamelde werke
17 Etienne Leroux – Sewe dae by die Silbersteins
18 Alba Bouwer – Stories van Bergplaas
19 Annelie Botes – Raaiselkind
20 Marié Heese – Die uurwerk kantel
21 Etienne van Heerden – Die swye van Mario Salviati
22 Etienne van Heerden – Toorberg
23 Marita van der Vyver – Wegkomkans
24 Mark Behr – Die reuk van appels
25 Pat Stamatelos – Kroes
26 Dalene Matthee – Susters van Eva
27 Anoeschka von Meck – Vaselinetjie
28 Anna M Louw – Kroniek van Perdepoort
29 André P Brink – Kennis van die aand
30 Deon Meyer – Feniks
31 Dana Snyman – Anderkant die scrap
32 Maretha Maartens – ʼn Pot vol winter
33 Engela van Rooyen – Vuur op die horison
34 Deon Meyer – Infanta
35 EKM Dido – ‘n Stringetjie blou krale
36 Alexander Strachan – Die jakkalsjagter
37 Dan Sleigh – Eilande
38 Koos Kombuis – Seks, drugs en boeremusiek
39 Etienne Leroux – Magersfontein, o Magersfontein
40 Marita van der Vyver – Griet kom weer
41 Nataniël – Kaalkop 1 & 2
42 Wilma Stockenström – Abjater wat so lag
43 Elsa Joubert – Die reise van Isobelle
44 Ingrid Winterbach – Die boek van toeval en toeverlaat
45 Karel Schoeman – Hierdie lewe
46 Dalene Matthee – Brug van die esels
47 Bettie Naudé – Saartjie-reeks
48 Audrey Blignault – Hele oeuvre
49 André P Brink – Duiwelskloof
50 Marzanne le Roux van der Boon – Klaprose teen die wind
51 NP van Wyk Louw – Germanicus
52 André P Brink – ‘n Droë wit seisoen
53 Alba Bouwer – Die afdraand van die dag is kil
54 AHM Scholtz – Vatmaar
55 CJ Langenhoven – Beste spookstories
56 Cor Dirks – Die Uile-reeks
57 Eleanor Baker – Die ander Martha
58 Deon Meyer – Onsigbaar
59 Marita van der Vyver – Die hart van ons huis: ‘n skrywer in Provence
60 Esta Steyn – Kinders van die Sabbatsee
61 GJ Joubert – Oupa Landman se viool
62 Antjie Krog – ʼn Ander tongval
63 Zuretha Roos – Die verdwyning van Mina Afrika
64 Marita van der Vyver – Stiltetyd
65 Leon Rousseau – Fritz Deelman-reeks
66 Wilma Stockenström – Die kremetartekspedisie
67 FA Venter – Hele oeuvre
68 Engemi Ferreira – Die jaar toe my ma begin sing het
69 Sangiro – Uit oerwoud en vlakte
70 Elsabé Steenberg – Boom bomer boomste
71 Eugene N Marais – Versamelde werke
72 Jan Rabie – 21
73 Karel Schoeman – ‘n Ander land
74 Jochem van Bruggen – Ampie
75 Anoeschka von Meck – Annerkant die longdrop
76 Barrie Hough – Skilpoppe
77 Eleanor Baker – Verbeelde werklikheid
78 Karel Schoeman – Die uur van die engel
79 Riana Scheepers (samesteller) – Die Melkweg het ʼn ster laat val
80 Lettie Viljoen – Karolina Ferreira
81 PH Nortje – Nuut onder die son
82 Pat Stamatèlos – Die val van die dice
83 Jan van Melle – Bart Nel
84 Jan van Tonder – Roepman
85 Chris Barnard – Chriskras
86 Abraham H de Vries – Die Afrikaanse kortverhaalboek
87 Anna M Louw – Wolftyd
88 PG Du Plessis – Het olifante elmboë?
89 Ingrid Winterbach – Niggie
90 Hettie Smit – Sy kom met die sekelmaan
91 Etienne Leroux – Een vir Azazel
92 Jeanne Goosen – ʼn Pawpaw vir my darling
93 André P Brink – Bidsprinkaan
94 Eleanor Baker – Die kwart-voor-sewe-lelie
95 Eben Venter – Ek stamel, ek sterwe
96 Lerina Erasmus – Mannheim-sage
97 Koos Prinsloo – Jonkmanskas
98 Margaret Bakkes – Elegie vir ʼn onbekende
99 Nanette van Rooyen – Chinchilla
100 Rachelle Greeff – Die rugkant van die bruid

Augustus nuus

Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!

Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ‘n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ‘n spanningsvolle riller. Lees meer

…………………………………………………………………………………………..

Skryfgeleenthede

Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder / Skryf ‘n storie saam met Bessie Hemelbesem KleinBurger kompetisie / Skryfgeheime skryfkursus / ATKV centurion Afrikaanse Skryfkompetisie vir Jonk en Oud / Tradisionele Afrikaanse liedjieskryfkompetisie / Sanlam se Groot Romanwedstryd / Storiewerf se vonkelfiksie skryfkompetisie
…………………………………………………………………………………………..

KOMPETISIE!!!

Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys van LAPA-uitgewers te wen en jou resensie op ons webblad te sien!! Lees meer. Sluitingsdatum 31 Augustus.

…………………………………………………………………………………………..

Kalender

Augustus by Die Boer in Durbanville (Holderstebolder hoogtepunte):

21-22 AUG: DIE VALIANT SWART BAND
25 AUG: LUNA PAIGE
26 AUG: CHEREE EN WYNAND
28 AUG: GERALD CLARK & VAN COKE CARTEL
29 AUG: KINDERTEATER: POPPEKAS: WOLF EN JAKKALS

Centurion Teater

31 AUG& 1 SEPT: Jak de Priester Lentekonsert

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

…………………………………………………………………………………………..

Stuur vir ons ‘n Kiekie

van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!

…………………………………………………………………………………………..

Skrywer van die maand… Janie Oosthuysen

…………………………………………………………………………………………..

Band van die maand…Valiant Swart

val-bio.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Webwerf van die maand… Luister na opkomende Afrikaanse bands en/of skep ‘n profiel vir jou band by http://www.afriklank.webs.com/

…………………………………………………………………………………………..

MOETLEESBOEK van die maand… Al Lovejoy se Acid Alex (Voorwoord deur Koos Kombuis). Die boek is nou wel nie Afrikaans nie, maar ons beveel dit nog steeds aan.

Ondersteun Al se projek: Another Brick in the Walls

I also established The Lovejoy Family Trust, an Organisation to promote and sell the second edition of the book Acid Alex, the proceeds of which will all go to The Trust and ultimately for establishing and building a permanent children’s home from scratch. By simply buying the book from Amazon.com - you become a real partner and a personal friend in realising this dream of mine …

Every book we sell is a few more bricks in the walls.”

Besoek Al se webwerf of Facebook groep vir meer inligting.

acid_alex.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Onderwysers en leerders:

Besoek ons Hulpmiddels afdeling

…………………………………………………………………………………………..

Vir diegene met kleuters:

Stuur vir ons ‘n e-pos met PRODUKTELYS as onderwerp as jy graag ‘n dokument met inligting oor al die produkte wat ons tans aanbied per e-pos wil ontvang. Ons het ‘n verskeidenheid nuwe produkte bygekry:

Alfabetpret Alles wat jy nodig het vir ‘n beginnerlesertjie!

Bazoo Afrikaanse kleutertydskrif

Filaflooi Afrikaanse kinderrympies op t-hempies

Leer jou kleinding van geld

Loebi die Draak leesklub

Plakkate

Pretpos

Prettige partytjiepakkies

Rekenaarsagteware

Syferpret

Teenoorgesteldes

Winterpret

kinderwerf-agentew-ad.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Vertel jou vriende

Ken jy iemand wat in Holderstebolder sal belangstel? Versprei die nuus!

As jy jou FaceBook-vriende wil nooi om aan ons FaceBook-groep te behoort, kan jy gaan soek vir die groep HOLDERSTEBOLDER, aansluit en dan weer al jou FaceBook-vriende nooi om ook te kom aansluit: Volg eenvoudig die JOIN GROUP en ADD FRIENDS skakels regs bo-op die FaceBook-bladsy. Op die Holderstebolder FaceBook-groep kan jy na hartelus kommentaar lewer, vertel van ‘n lekker boek wat jy gelees het of jou nuwe gunsteling (Suid-)Afrikaanse band.

Boekklub

Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!

Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ‘n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ‘n spanningsvolle riller. Lees meer

Julie nuus

Skryfgeleenthede

Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder. / Tradisionele Afrikaanse liedjieskryfkompetisie / Sanlam se Groot Romanwedstryd / Storiewerf se skryfkompetisie

…………………………………………………………………………………………..

KOMPETISIE!!!

Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys van LAPA-uitgewers te wen en jou resensie op ons webblad te sien!! Lees meer. Sluitingsdatum 31 Augustus.

…………………………………………………………………………………………..

Kalender

Julie by Die Boer in Durbanville:

8-12 JULIE: EMO ADAMS & BAND
13-15 JULIE: HAASDAS se NUUSKAS
16-18 JULIE: PROFFESSOR FOSSIE & DIE DINOSAURUSSE
16 JULIE: SARAH THERON- NUWE CD
21 JULIE: DIE LAGNES KOMEDIE GROEP
22 JULIE: LAURINDA HOFMEYER
25 JULIE: SNEEUWITJIE
25 JULIE: BLUES EN SUSTERS met Anna Davel, Ollie Viljoen, Schalk Joubert, Lou-Ann Stone en Kevin Gibson
26 JULIE: COENIE DE VILLIERS
30 JULIE: DIE GIAN GROEN BAND

ATKV Storieleesfees (Gou spring! Inskrywingsvorms moet die ATKV voor of op 24 Julie bereik! Rig navrae aan jeannen@atkv.org.za

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

…………………………………………………………………………………………..

Stuur vir ons ‘n Kiekie

van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!

…………………………………………………………………………………………..

Skrywer van die maand… Marita van der Vyver

…………………………………………………………………………………………..

Band van die maand…Die Heuwels Fantasties

die-heuwels-poster2-1.jpg

…………………………………………………………………………………………..

Webwerf van die maand…Stellenboschwriters

…………………………………………………………………………………………..

pynstiller.jpg

MOETLEESBOEK van die maand… Fanie Viljoen se grafiese verhaal Pynstiller. Lees dit op Facebook.

…………………………………………………………………………………………..

Gaan kyk by skryfgogga en taalfabriek vir handige klaskamernota’s.

…………………………………………………………………………………………..

Vir diegene met kleuters:

Lees meer oor Filaflooi t-hempies met Afrikaanse kinderrympies, Bazoo, ‘n nuwe Afrikaanse kindertydskrif, en prettige partytjiepakkies in ons afdeling vir Aspatatte.

filaflooi-ad.jpg

…………………………………………………………………………………………..

Vertel jou vriende

Ken jy iemand wat in Holderstebolder sal belangstel? Versprei die nuus!

As jy jou FaceBook-vriende wil nooi om aan ons FaceBook-groep te behoort, kan jy gaan soek vir die groep HOLDERSTEBOLDER, aansluit en dan weer al jou FaceBook-vriende nooi om ook te kom aansluit: Volg eenvoudig die JOIN GROUP en ADD FRIENDS skakels regs bo-op die FaceBook-bladsy. Op die Holderstebolder FaceBook-groep kan jy na hartelus kommentaar lewer, vertel van ‘n lekker boek wat jy gelees het of jou nuwe gunsteling (Suid-)Afrikaanse band.

Junie nuus

Skryfgeleenthede

Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder. / Tradisionele Afrikaanse liedjieskryfkompetisie / Sanlam se Groot Romanwedstryd / Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2009 / Storiewerf se skryfkompetisie

KOMPETISIE!!!

Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys van LAPA-uitgewers te wen en jou resensie op ons webblad te sien!! Lees meer

Kalender

27 Junie - Jakkals en Wolf kinderteater by Die Boer
Februarie tot Julie - ATKV Storieleesfees

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

Stuur vir ons ‘n Kiekie

van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!

Skrywer van die maand… Carina Diedericks-Hugo

Band van die maand…Glaskas

Webwerf van die maand…Versindaba

MOETLEESBOEK van die maand… Vaselinetjie

Vaselinetjie - Anoeschka von Meck
Vaselinetjie - Anoeschka von Meck

Die bloed loop taai teen Vaselinetjie se regterknie af. Daar’s ‘n druppel op die vloer net voor haar bank en sy steek haar voet uit om met haar skoolskoen daaroor te vee voordat die juffrou sien.
Voor in die klas is Donovan Roman besig om vir die hoeveelste keer die week “Nkosi Sikelel’ iAfrika” uit te skryf. Al die ander graadvyfs ken dital uit hul kop - Vaselinetjie die beste van almal. Bo die swartbord hang ‘n groot horlosie. Vaselinetjie probeer nie op die horlosie te kyk nie, want sy weet dit gaan altyd gedurende die dag staan, maar nogtans hou sy die wysers gespanne dop.
Wanneer die huistoegaanklok lui, moet sy eerste by die klas uit wees. Anders gaan sy meer as ‘n stukkende knie het teen die tyd dat sy hulle jaart haal.
Hulle gaan haar slat, het hulle gesê.
Hulle gaan haar dik skop en haar ponies alles uitpluk.
Hulle gaan aanhou en aanhou tot sy vir hulle sê.

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

Vaselinetjie het in 2004 in Afrikaans verskyn. In 2005 is dit bekroon met die M.E.R.-Prys vir Jeugboeke, die Jan Rabie/Rapport-Prys en ‘n M-Net Prys. IBBY het dit in 2006 op sy Ererol geplaas.

Bestel by Kalahari.net

Boeke te koop hierdie maand… (onder andere):

Nuut

Harry Potter and the Deathly Hallows / Konsalik treffers / Die uitgespoeldes / Die Swye van Mario Salviati / Versreise Handleiding en gids / Vuil skottelgoed / SA Raar maar waar / Kringe in ‘n bos

Tweedehands

Ruik jy die filmster? / Meeulanders / Stylboek: Riglyne vir paslik skryf / Moer toe die vreemde in / Botsing Onvermydelik / Harry Potter en die skatte van die dood

Antiek/Versamelaarsitems

Trompie - Die Sakeman (1984) / Trompie - Die Meisiehater (1984) / Lafras Kuyper en die Hirondelle / Wêreldspektrum-reeks / Tarzan en die goue leeu / Dagboek van ‘n soldaat / Die water skeiding / Die wit muur / Die Vreemdeling - Karl Kielblock / Rebel- Karl Kielblock

Gaan kyk by skryfgogga en taalfabriek vir handige klaskamernota’s.

Vir diegene met kleuters.

Besoek ons afdeling vir Aspatatte en lees meer oor Bazoo, ‘n nuwe Afrikaanse kindertydskrif.

bazoo_2.jpg