Junie nuus

Skryfgeleenthede

Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder. / Tradisionele Afrikaanse liedjieskryfkompetisie / Sanlam se Groot Romanwedstryd / Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2009 / Storiewerf se skryfkompetisie

KOMPETISIE!!!

Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys van LAPA-uitgewers te wen en jou resensie op ons webblad te sien!! Lees meer

Kalender

27 Junie - Jakkals en Wolf kinderteater by Die Boer
Februarie tot Julie - ATKV Storieleesfees

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

Stuur vir ons ‘n Kiekie

van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!

Skrywer van die maand… Carina Diedericks-Hugo

Band van die maand…Glaskas

Webwerf van die maand…Versindaba

MOETLEESBOEK van die maand… Vaselinetjie

Vaselinetjie - Anoeschka von Meck
Vaselinetjie - Anoeschka von Meck

Die bloed loop taai teen Vaselinetjie se regterknie af. Daar’s ‘n druppel op die vloer net voor haar bank en sy steek haar voet uit om met haar skoolskoen daaroor te vee voordat die juffrou sien.
Voor in die klas is Donovan Roman besig om vir die hoeveelste keer die week “Nkosi Sikelel’ iAfrika” uit te skryf. Al die ander graadvyfs ken dital uit hul kop - Vaselinetjie die beste van almal. Bo die swartbord hang ‘n groot horlosie. Vaselinetjie probeer nie op die horlosie te kyk nie, want sy weet dit gaan altyd gedurende die dag staan, maar nogtans hou sy die wysers gespanne dop.
Wanneer die huistoegaanklok lui, moet sy eerste by die klas uit wees. Anders gaan sy meer as ‘n stukkende knie het teen die tyd dat sy hulle jaart haal.
Hulle gaan haar slat, het hulle gesê.
Hulle gaan haar dik skop en haar ponies alles uitpluk.
Hulle gaan aanhou en aanhou tot sy vir hulle sê.

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar, soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart.

Vaselinetjie het in 2004 in Afrikaans verskyn. In 2005 is dit bekroon met die M.E.R.-Prys vir Jeugboeke, die Jan Rabie/Rapport-Prys en ‘n M-Net Prys. IBBY het dit in 2006 op sy Ererol geplaas.

Bestel by Kalahari.net

Boeke te koop hierdie maand… (onder andere):

Nuut

Harry Potter and the Deathly Hallows / Konsalik treffers / Die uitgespoeldes / Die Swye van Mario Salviati / Versreise Handleiding en gids / Vuil skottelgoed / SA Raar maar waar / Kringe in ‘n bos

Tweedehands

Ruik jy die filmster? / Meeulanders / Stylboek: Riglyne vir paslik skryf / Moer toe die vreemde in / Botsing Onvermydelik / Harry Potter en die skatte van die dood

Antiek/Versamelaarsitems

Trompie - Die Sakeman (1984) / Trompie - Die Meisiehater (1984) / Lafras Kuyper en die Hirondelle / Wêreldspektrum-reeks / Tarzan en die goue leeu / Dagboek van ‘n soldaat / Die water skeiding / Die wit muur / Die Vreemdeling - Karl Kielblock / Rebel- Karl Kielblock

Gaan kyk by skryfgogga en taalfabriek vir handige klaskamernota’s.

Vir diegene met kleuters.

Besoek ons afdeling vir Aspatatte en lees meer oor Bazoo, ‘n nuwe Afrikaanse kindertydskrif.

bazoo_2.jpg

Kommentaar

(will not be published)
(optional)
Remember Me
Subscribe to Updates