Augustus nuus

Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!

Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ‘n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ‘n spanningsvolle riller. Lees meer

…………………………………………………………………………………………..

Skryfgeleenthede

Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder / Skryf ‘n storie saam met Bessie Hemelbesem KleinBurger kompetisie / Skryfgeheime skryfkursus / ATKV centurion Afrikaanse Skryfkompetisie vir Jonk en Oud / Tradisionele Afrikaanse liedjieskryfkompetisie / Sanlam se Groot Romanwedstryd / Storiewerf se vonkelfiksie skryfkompetisie
…………………………………………………………………………………………..

KOMPETISIE!!!

Aandag alle graad 4-12’s!!! Stuur vir ons ‘n resensie van een van jou gunsteling Afrikaanse boeke na admin@holderstebolder.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker boekprys van LAPA-uitgewers te wen en jou resensie op ons webblad te sien!! Lees meer. Sluitingsdatum 31 Augustus.

…………………………………………………………………………………………..

Kalender

Augustus by Die Boer in Durbanville (Holderstebolder hoogtepunte):

21-22 AUG: DIE VALIANT SWART BAND
25 AUG: LUNA PAIGE
26 AUG: CHEREE EN WYNAND
28 AUG: GERALD CLARK & VAN COKE CARTEL
29 AUG: KINDERTEATER: POPPEKAS: WOLF EN JAKKALS

Centurion Teater

31 AUG& 1 SEPT: Jak de Priester Lentekonsert

Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.

…………………………………………………………………………………………..

Stuur vir ons ‘n Kiekie

van bekendes wat jou skool kom besoek het na admin@holderstebolder en jy mag dalk net ‘n boek of twee vir jou skoolbiblioteek losslaan en jou gesig op die skerm voor jou sien!

…………………………………………………………………………………………..

Skrywer van die maand… Janie Oosthuysen

…………………………………………………………………………………………..

Band van die maand…Valiant Swart

val-bio.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Webwerf van die maand… Luister na opkomende Afrikaanse bands en/of skep ‘n profiel vir jou band by http://www.afriklank.webs.com/

…………………………………………………………………………………………..

MOETLEESBOEK van die maand… Al Lovejoy se Acid Alex (Voorwoord deur Koos Kombuis). Die boek is nou wel nie Afrikaans nie, maar ons beveel dit nog steeds aan.

Ondersteun Al se projek: Another Brick in the Walls

I also established The Lovejoy Family Trust, an Organisation to promote and sell the second edition of the book Acid Alex, the proceeds of which will all go to The Trust and ultimately for establishing and building a permanent children’s home from scratch. By simply buying the book from Amazon.com - you become a real partner and a personal friend in realising this dream of mine …

Every book we sell is a few more bricks in the walls.”

Besoek Al se webwerf of Facebook groep vir meer inligting.

acid_alex.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Onderwysers en leerders:

Besoek ons Hulpmiddels afdeling

…………………………………………………………………………………………..

Vir diegene met kleuters:

Stuur vir ons ‘n e-pos met PRODUKTELYS as onderwerp as jy graag ‘n dokument met inligting oor al die produkte wat ons tans aanbied per e-pos wil ontvang. Ons het ‘n verskeidenheid nuwe produkte bygekry:

Alfabetpret Alles wat jy nodig het vir ‘n beginnerlesertjie!

Bazoo Afrikaanse kleutertydskrif

Filaflooi Afrikaanse kinderrympies op t-hempies

Leer jou kleinding van geld

Loebi die Draak leesklub

Plakkate

Pretpos

Prettige partytjiepakkies

Rekenaarsagteware

Syferpret

Teenoorgesteldes

Winterpret

kinderwerf-agentew-ad.jpg
…………………………………………………………………………………………..

Vertel jou vriende

Ken jy iemand wat in Holderstebolder sal belangstel? Versprei die nuus!

As jy jou FaceBook-vriende wil nooi om aan ons FaceBook-groep te behoort, kan jy gaan soek vir die groep HOLDERSTEBOLDER, aansluit en dan weer al jou FaceBook-vriende nooi om ook te kom aansluit: Volg eenvoudig die JOIN GROUP en ADD FRIENDS skakels regs bo-op die FaceBook-bladsy. Op die Holderstebolder FaceBook-groep kan jy na hartelus kommentaar lewer, vertel van ‘n lekker boek wat jy gelees het of jou nuwe gunsteling (Suid-)Afrikaanse band.

Kommentaar

(will not be published)
(optional)
Remember Me
Subscribe to Updates