Rompilus van Stadenberg

VANFOKKINGSPASTIES

VANFOKKINGSPASTIES - Die langverwagte bekendstelling van Rompilus van Stadenberg se kontroversiële nuwe EP - Dis Jou Land.

n146406319767_9109.jpg

Wanneer: Vrydag 11 September 2009
Waar: Carnival Court, 255 Langstraat, Kaapstad
Toegang is gratis. Die eerste 100 mense in by die deure kry ‘n gratis shot!

Rompilus van Stadenberg, ‘n meestersgraad kunsstudent, het 100 verskillende EP covers ontwerp vir elkeen van die 100 limited edition Dis Jou Land EP’s. Elk is ‘n unieke, individuele kunswerk.

Elke persoon wat een van die genommerde EP’s koop se naam sal by die EP-nommer in die Dis Jou Land cover design boek, wat binnekort vrygestel sal word, verskyn.

Bestel NOU een van die EP’s vir slegs R49.99 by disjouland@gmail.com en kry ‘n gratis badge en poskaart!

Luister na PELETON, een van die snitte op die EP, by http://www.disjouland.co.za.

Besoek ook die VANFOKKINGSPASTIES event op Facebook.

Kommentaar

(will not be published)
(optional)
Remember Me
Subscribe to Updates