Los ons uit!

LEES EN LUISTER LOS ONS UIT!

Besoek LAPA se webblad en laai die voorlesing deur die skrywer af as ’n MP3-lêer.

Martie Preller se Babalela het sedert die publikasie daarvan sowat nege jaar gelede, reeds byna 28 000 kopieë verkoop. Van die tweede Babalela-boek, Diep, diep in ’n donker bos, het sowat 15 000 van die rakke gevlieg. Dit maak Babalela en sy opvolger van die suksesvolste Afrikaanse kleuterboeke ooit.

Intussen is Babalela-vertonings regoor die land gehou; T-hemde met die slagspreuk Ek is ’n Babalela. Los my uit! het soos soetkoek verkoop; daar is ’n skattige pers pop gemaak wat in boekwinkels te koop is; en ’n stel vingerpoppies van Babalela en sy maats is pas vrygestel.

Goeie nuus is dat Babalela terug is in ’n splinternuwe storie-avontuur getiteld Los ons uit!

Om die vrystelling van die derde Babalela-titel te vier, het LAPA Uitgewers ’n spesiale storieverrassing vir die gewilde pers karaktertjie se aanhangers: Boekvrate kan ’n spesiale MP3-lêer van LAPA se webtuiste (www.lapa.co.za) aflaai waarop Babalela se storie-ma, Martie Preller, Los ons uit! voorlees. Kleingoed kan dus Andries en Erica Maritz se bekoorlike illustrasies volg terwyl hulle na die voorlesing luister.

Hierdie inisiatief is waarskynlik die eerste van sy soort vir ’n Afrikaanse kinderboek – en bewys dat Babalela steeds baanbrekerswerk doen om Afrikaanse kinders te vermaak!

Die Babalela-reeks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers.

Kommentaar

(will not be published)
(optional)
Remember Me
Subscribe to Updates