Holderstebolder is November 1 jaar oud!!! Om ons verjaarsdag te vier, het ons ‘n lekker skryfkompetisie geloods. Jy kan ook ‘n lekker boekprys losslaan deur in te teken op ons een van ons nuusbriewe!
…………………………………………………………………………………………..
Boeke is die BESTE geskenke!
Gee hierdie jaar net boeke as Kersgeskenke! Volg een van die skakels vanaf Holderstebolder en bestel by Kalahari.net.
Jy kan ook gaan loer by Aspatatte en wonderlike geskenke vir die kleinspan by ons bestel!
…………………………………………………………………………………………..
Wil jy graag een van Holderstebolder se gratis maandelikse nuusbriewe ontvang?
Kliek hier.
…………………………………………………………………………………………..
Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!
Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ‘n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ‘n spanningsvolle riller. Lees meer
…………………………………………………………………………………………..
Gaan stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys
vir 2009!
…………………………………………………………………………………………..
Skryfgeleenthede
Verjaarsdagkompetisie!!! / Skryf ‘n resensie vir Holderstebolder / Skryfgeheime skryfkursus / Sanlam se Groot Romanwedstryd / LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie / R150000 op die spel in LAPA se 2010 Afrikaanse Romankompetisie
…………………………………………………………………………………………..
Kalender
Klein Libertas teater in Stellenbosch
20 NOV: Oupa en Ouma sit op die stoep
21 NOV: Iets uit niets!
23 NOV: Luna Paige – CD launch: Wonderful Life
Die Boer in Durbanville (Holderstebolder hoogtepunte):
5-8 NOV: JANNIE MOOLMAN
Centurion Teater
6 NOV: LIZE BEEKMAN
12 NOV: HELENE BESTER
19 NOV: JANNIE MOOLMAN
20-21 NOV: MATHYS ROETS
26-28 NOV: STEF BOS
30 NOV: NATANIEL
Lees meer of laat weet vir ons van boek- of musiekdinge wat in jou omgewing gebeur.
…………………………………………………………………………………………..
Skrywer van die maand… Marita van der Vyver
…………………………………………………………………………………………..
Band van die maand…Van Coke Kartel
…………………………………………………………………………………………..
Webwerf van die maand… Skrywer en illustreerder Piet Grobler
…………………………………………………………………………………………..
NUWE BOEK… Martie Preller se Los ons uit! (LAPA uitgewers)
Diep, diep in ’n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats. Op ’n dag kom ’n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het ’n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie … Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks, waarvan daar reeds meer as 40 000 boeke verkoop is!
Bestel die Babalela t-hemp (vanaf 1 jaar tot volwasse groottes) of speelpop by ons!
…………………………………………………………………………………………..
Vir diegene met kleuters:
Teken nou in op ons spesiale Aspatatte nuusbrief en ontvang gereeld inligting oor Afrikaanse produkte vir kinders.
Gaan loer by Aspatatte en bestel wonderlike Kersgeskenke vir die kleinspan by ons!


Kommentaar