Holderstebolder is ‘n bymekaarkomplek vir ieder en elk wat passievol is oor Afrikaans. Die doel van die webtuiste is om Afrikaans te bevorder en om die Suid-Afrikaanse kultuur te geniet en met ander te deel.

Die werfjoernaal hou jou op hoogte van al Holderstebolder se nuutste nuus en gebeure.

Boekrak is ‘n boekparadys van lekker aanbevole leesstof vir jonk en oud.

Skryfgogga is propvol skryfwenke en opstelonderwerpe.

Taalfabriek is ‘n arsenaal van taalnotas en -oefeninge.

Storiesolder bevat besprekings en hersieningsvrae oor voorgeskrewe romans en kortverhale.

Rym en ritme bevat besprekings en hersieningsvrae oor gedigte.

In Blêrboks kan jy alles en nog wat oor (Suid-)Afrikaanse kunstenaars en opkomende bands lees.

Spraakborrel bevat wenke vir die lewering van ‘n toespraak en ander idees vir mondelinge.

By die Boekhoek kan jy nuwe en tweedehandse Afrikaanse kinder- en jeugboeke teen bakgatpryse aanskaf.

Hulpmiddels gee jou toegang tot kwaliteit Afrikaanse opvoedkundige produkte - ‘n goudmyn vir veral onderwysers.

By Skakels adverteer Holderstebolder ander webtuistes, in die meeste gevalle gratis, indien dit voldoen aan ons vereistes.

By Bestelvorms kan jy produkte bestel.

Kontakbesonderhede:

e-pos: admin@holderstebolder.co.za of kontak ons by Posbus.
faks: 0862196292

Wil jy graag nou en dan een van Holderstebolder se gratis nuusbriewe ontvang?
Kliek hier en vul jou besonderhede in.

Custom Search